Skip to main content
 

About TOETAAL

Onthou jy toe ons taal nog bevange was? Die dae toe jy spiekeries gelyk het om werk toe te gaan. Dit was beslis nie die poespas wat dit vandag is nie. Toetaal gee nuwe lewe aan woorde wat was om weer te kan wees wat hulle was. Jy kan nou die hoenderhaan wees; jy kan die eerste viool speel. Trek net jou T-hemp aan of sit jou hoedjie op jou kop en dit sal gons! Kies een van meer as 30 verskillende retro afrikaanse woorde en besluit self hoe jy die woord wil dra. Wees voor op die wa en antwoord alle vrae rondom die betekenis van die woord wat jy dra en voor jy jou oe uitvee, gaan dit klopdisselboom. Jy kan jou T hemp of hoedjie op ons toep bestel en ons kan self dit na jou toe Pudo.

ONS MISSIE

Nuwe vuur in die vuurmaakplek

Ons help jou om eg, Afrikaanse woorde wat lank vergete is, terug te bring.

Totaal Unieke ontwerp

Elke word word grafies voorgestel en verduidelik presies wat die woord beteken.

Skriftelik

Elke woord se definisie is aan die onderkant, in Engels, sodat almal kan verstaan.

Our Services

Meer as 30 unieke Afrikaanse woorde

Van piepklein tot moergroot (S,M,L,XL,XXL,XXXL)

Klerekas & kopgoed beskikbaar

Kies 'n pet wat pas

Gaan BEE of nie (wit of swart)

Ons kan dit na jou toe Pudo

Sit op jou stoep, maak oop ons TOEP en hoor hoe Afrikaans jou roep!

Laai die toep af, kies jou gunsteling en kry vir jou! Dis TOETAAL gratis!

Testimonials

Omvormend en uniek!

Toetaal het herinneringe en kultuur teruggebring met elke kledingstuk wat ek dra. Ek is absoluut mal daaroor!

Mode met betekenis!

Om hierdie hemde te dra, het elke keer as ek uitgaan gesprekke aan die gang gesit.

Kwaliteit & kreatiewiteit

Die ontwerpe is lewendig en die materiaal voel wonderlik!

Kry ons in die hande